Die meeste
jagondernemings is vandag ingestel op jagters wat in
dollars betaal en waar luuksheid, eerder as ongerepte
wildernis tel. By Malta Ranch kan jagters saam met hulle
gesinne kom ontspan in 'n ongerepte omgewing en nog
steeds die gemak van smaakvolle akkommodasie geniet.
Hier kan boogjagters,
wildlewe fotograwe en natuurliefhebbers
dit waaroor hulle droom, laat werklik word. Jagters wat nog te
voet wil jag en om die kampvuur wil vertel van
bokbekruip, windlees en spoorsny sal dit hier kan vind.
Malta
Ranch is 'n vrygestelde jagplaas in die omgewing van Vryburg (Noord-Wes
provinsie), maklik bereikbaar op die R378 roete.
Kliek vir kaart
Koördinate : S 26° 04.640
E O 24° 02.853