To view in ENGLISH, click here

 

 

Die meeste jagondernemings is vandag ingestel op jagters wat in dollars betaal en waar luuksheid, eerder as ongerepte wildernis tel. By Malta Ranch kan jagters saam met hulle gesinne kom ontspan in 'n ongerepte omgewing en nog steeds die gemak van smaakvolle akkommodasie geniet.

Hier kan boogjagters, wildlewe fotograwe en natuurliefhebbers dit waaroor hulle droom, laat werklik word. Jagters wat nog te voet wil jag en om die kampvuur wil vertel van bokbekruip, windlees en spoorsny sal dit hier kan vind.


Malta Ranch is 'n vrygestelde jagplaas in die omgewing van Vryburg (Noord-Wes provinsie), maklik bereikbaar op die R378 roete.

Kliek vir kaart

Koördinate : S 26° 04.640
                         E O 24° 02.853


Vind asseblief op die aangewese bladsye meer inligting oor 'n onvergeetlike jagervaring in die wildernis.

Vir besprekings en datums, kontak ons by
info@maltaranch.co.za

      


 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


 

 

 

 

 

 

 

 

 

Webwerf ontwerp deur WebAround . Vrae of probleme aangaande die
 webwerf kan gerig word aan
 Info@webaround.co.za.
Kopiereg © 2010 WebAround.  Alle regte voorbehou.
Laaste opdatering: 07/08/11.